Southern Cape Fire Protection Association

Ladismith WoF Basis Werwing

View Gallery

Die Suid-Kaap Brand Beskerming Vereeninging (SKBBV), in samewerking met Working on Fire (WoF), het op Woensdag die 2de April, 25 potensiële vuur vegters vir die Ladismith WoF basis gekies. Ongeveer 60 individue het die oggend by die Ladismith brand weer stasie opgedaag vir die posisies en die suksesvolle kandidate is gekies deur middel van ‘n streng fiksheid toets en onderhoude. As gevolg van die gevaarlike situasies waaraan die vuur vegters bloot gestel gaan word, moet die 25 kandidate eers ‘n mediese ondersoek en long funksie toetse ondergaan voordat hulle aangestel word.

Die SKBBV gestig in 2006, is 'n nie-winsgewende maatskappy (ou artikel 21), wat funksioneer binne in 'n gebied van ±4 miljoen ha. Hierde area sluit die hele Eden Distriks Munisipaliteit in, asook die Tsitsikamma, Langkloof en Baviaanskloof in die Oos-Kaap. Die SKBBV se primêre doelwit is om geïntegreerde brand bestuur te bevorder deur plaaslike gemeenskappe te bemagtig om meer bewus te word van die risiko's van ‘n vure, bemagtiging van grondeienaars om proaktief op te tree om die gevare en kwesbaarheid van bates te verminder en om hulle te help om aan die Nasionale Veld en Bos Brand Wet te voldoen.

Working on Fire (WoF) aan die anderkant, is ‘n regering gefinansierde, werkskeppings program (deel van die ‘Expanded Public Works Programme’) wat fokus op geïntegreerde brand bestuur in Suid-Afrika. Vuur vegters word gewerf vanuit minder bevoorregte gemeenskappe en opgelei in brand bestryding en ander vaardighede asook hoe om voorkomend op te tree. WoF brand spanne word uit geroep om hulp te verleen by plaaslike veldbrande, en kan selfs op nationale en internasionale insidente hulp verleen.

 Die SKBBV bestuur, tot op hede, 6 basisse met ‘n totaal van ongeveerd 199 WoF vuurvegters (as alle poste gevul is), insluitend die Ladismith basis. Veld brand bestryding is die vuur vegters se primêre doelstelling, maar hulle is ook betrokke by die maak van brandbane, die vermindering van brandstoflading en by beheerde brande. Om ‘n lid van die SKBBV te wees gaan gepaard met baie voordele, een waarin die WoF vuur vegters ‘n groot rol speel. As ‘n wilde vuur ontstaan op ‘n lid se grond word geen kostes gehef op brandbestryding nie, slegs op die vervoer en kos van die vuur vegters.

 As gevolg van klimaats verandering, word dit voorspel dat veld brande ‘n meer algemene gebeurtenis gaan word. Deur meer mense op te lei in brandbestryding en bewusmakings aksies is ons beter voorbereid vir sulke gebeurtinisse. Buiten die omgewings bewarings aspek, trek die gemeenskappe waaruit die die vuurvegters gewerf word ook voordeel deur sosiale opheffing en werkskepping.

 Vir lidmaatskap navra kan die SKBBV gekontak word by:

E-pos: scfpa.riversdale@gmail.com

Tel: 028 713 1987

View Gallery

Previous

User Login

If you have any difficulties, please phone our head office at 044 302 6900.
Username:
Password:

Weather

View Weather Map

Contact Information

Southern Cape Fire Protection Association

· Private Bag X12, Knysna 6570
· Tel: 044 382 0629